BLAPSE IN KERKBLAADJIES

BLAPSE IN KERKBLAADJIES

. Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring.


. Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik.


. Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.


. Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in.


. Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die Water". Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?"


. Me Charlene Mason van die Metodiste gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het.


. Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie.


. Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van pastoor Jack se preke gevra.


. Die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing "O blye dag".


. Klaas Buitendag en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het.


. 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak.


. Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis.


. Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur.


.
Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.

No comments: