Afwesigheidsbriefies

* Verskoon asseblief Lisa se afwesigheid. Sy was baie siek en die dokter het gesĂȘ sy moet dit afslaap, en toe het ek haar laat uitsit.


* Geagte Skool, Dawie was afwesigheid gewees op Maart 29, 30, 32, 32 en ook 33.


* Joylene was nie by die skool nie, want hulle het haar verstaantande geslaag.


* Verskoon asseblief vir Pierre, dis sy pa se skuld.


* Santie was nie by die skool nie, want ek is 'n enkelouer en was in die bed met Giep.


* Maryann was awesig van die 11e tot die 16e. Sy het 'n keel, 'n maag en 'n kop. Haar sussie ook. Daar moet iets aan die gang wees, want hulle pa was ook gisteraand warm.


* My dogter was gister afwesig, want sy was moeg. Sy was op 'n KJV kamp en het 'n rowwe naweek gehad.


* Sally wil liewers vandag na 'n begrafnis toe gaan.


* Jennifer was gister nie by die skool nie, want ons het gedink Maandag is Sondag.


* Vir wie ook al hierdie moet lees - Janco sal nie more skool toekom nie, hy en sy pa is op jags.


* Jan-Jan het nie sy huiswerk gedoen nie, nou dwing hy my om 'n verskoning uit te dink. U is sy klashoof, dink u liewers een uit. Ek het vyf kinders en 'n man en is op gedink.

No comments: