Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly.
Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag.
Op die plaas aangekom se hy vir haar om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af.
Hulle sal dan weer mekaar, onder, by die hoof hek ontmoet.
So gese, so gedaan. Hy het skaars 200 meter geloop toe hy drie skote hoor klap.
Hy hardloop terug in haar rigting en by die rivier kry hy haar.
Sy stry kliphard en aanhoudend met `n wild vreemde man...
"Meneer, dit is my Kudu die, ek het hom eerste gesien, en drie kopskote gegee!"
"Goed mevrou, ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan die kudu vir jou, maar gee jy om as ek net gou my saal en toom van jou kudu afhaal!?"
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment