Paar grappies


 

My niggie koop 'n tyd gelede vir haar vyfjarige dogter, Carla, 'n
hamster. Toe die hamster uit sy hok ontsnap, keer hulle omtrent
die huis om voor hulle hom weer kry en in sy hok terugbesorg. 'n
Paar weke later, terwyl Carla by die skool is, ontsnap die hamster
weer. My niggie soek hoog en laag, maar kry nie die gedierte nie.
Sy hoop om die gevoel van verlies minder pynlik vir Carla te maak,
en neem die hok uit haar kamer uit. Toe Carla die middag tuiskom,
klim sy na 'n rukkie in haar ma se skoot. 'Ons het 'n ernstige
probleem,' kondig sy aan. 'Nie net is die hamster weg nie, maar
hierdie keer het hy sy hok saamgeneem.'

* * *

Jy leer nie regtig om ernstig te swets nie, totdat jy leer bestuur. Jy
leer nie regtig hoe om ernstig te bid nie, totdat jou kinders leer
bestuur.

* * *

Toe ek na die weskus van Amerika trek, was ek omtrent 'n
senuweewrak weens die moontlikheid van aardbewings daar. Maar
Linda, wat daar gebore en getoë is, was nogal blasè oor
aardbewings. Ek is saam met haar in haar motor toe dié effens
begin skud by 'n robot. Sy raak 'n bietjie gespanne tot ek
senuweeagtig uitroep: 'Dis dalk 'n aardbewing!' Toe ontspan sy
merkbaar. 'Ek dag net dalk dis iets fout met my motor,' is haar
kommentaar.

* * *
'n Dogtertjie vra haar ouma: 'Hoe oud is Ouma?' Ouma antwoord:
'62' Waarop die dogtertjie vra: 'En het Ouma by 1 begin?'

* * *

Op hul kampvakansie het 'n gesin die hut se ligte afgehou totdat
hulle binne was om te keer dat allerhande insekte en goggas ook
binnekom. 'n Paar vuurvliegies het egter tog hul pad binnetoe
gevind, waarop die jongste seuntjie sê; 'Dit help nie, want kyk die
muskiete kom met flitse in!'


 

***


Gatiep en Maraai stap uit Spar uit met 'n pram. Maraai kyk in die
pram en skree: 'DISSIE verkeerde kind!!!' Gatiep sê: ' Hou djou
bek man dis 'n beter pram!'

* * *

'n Ou oom sit by die busstop en hy huil. Een ou kom en vra
hoekom huil hy dan. Hy sê hy is met 'n 18-jarige meisie getroud en
dit gaan net te wonderlik. Ou vra: 'Nou hoekom huil Oom dan?'
Oom: 'Ek het vergeet waar ons bly.'

No comments: