Die Haan

Die boer se enigste haan is dood en hy besluit om by die kaapse markte gaan kyk vir 'n plaasvervanger. Daar aangekom, kry hy vir gatiep wat 'n haantjie te koop aanbied.

"Hierdie haantjie is soos outsurance, hy dek alles", beduie gatiep en boer koop hom toe.

Op die plaas word haantjie by die henne ingegooi, en soos gatiep beloof het, is die haantjie vreeslik gewillig en in 'n oogwink draf hy al die henne deur.

Toe boer weer kyk, is hy by die eende, toe by die ganse, by die kalkoene, en boer is sommer baie tevrede met sy kopie.

Toe hy later wil gaan melk kry hy sowaar vir haantjie by die koeie doenig. Toe die skape later kraal toe kom, vaar hy tussen hulle in.
Die boer is sommer baie in sy skik met hierdie haantjie.Maar die volgende oggend kom ou simon by die boer en deel hom mee dat haantjie dood le in die veld. Hy wys na waar die aasvoels dan ook reeds al draai.

Die boer is sommer baie hartseer, en hy en simon stap soontoe om vas te stel wat met haantjie gebeur het.

Toe hulle naby kom, lig haantjie sy kop en fluister: "gaan weg, eks o.k. Ek wag net vir daai aasvoels om te land."

No comments: