Die swemgat

Oom Koos van die Oos Transvaal besit sy plasie nou al vir donkie jare. Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in 'n swembad omskep en goed ingerig met piekniek tafels, braai geriewe en vrugte bome. Een aand, so skemer se tyd besluit Oom Koos, in sy eensaamheid om bietjie daar by die dam te gaan sit. Hy neem toe ook 'n emmer saam om 'n paar van die vrugte terug te neem huis toe.

Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel. Hy val plat agter 'n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot sy swak hart beleef hy 'n groep kaal meisies wat in die dam swem. Hy staan toe op en stap nader om die meisies te laat weet hulle betree eintlik 'n ander man se eiendom. Toe hulle hom sien, sak hulle almal laer af, sodat die water die nodige toemaak.

Een van die meisies skreeu benoud op die oom: "Ons klim nie uit voor oom nie weggaan nie!"
"Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle kaalgat swem nie....."

Hy hou die emmer omhoog en se: "Ek is net gou hier om die krokodille kos te gee....."

No comments: