Kleinsus en die Kerel

'n Universiteit student gaan huis toe vir die vakansie en waarsku haar ouers dat sy haar nuwe kêrel saambring.

Die ou is 'n dwergie en die student vra haar ouers om asseblief tog haar sesjarige sussie in te lig.
Die ma neem vir kleinsus eenkant en sê: "Poplap, jou ouer suster kom die naweek huis toe en sy bring haar nuwe kêrel saam. Hy lyk anders as ons, maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?"

Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra.

Ousus en haar kêrel daag op en toe Kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel. Die gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas en bly tjoepstil. Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil borde kombuis toe en gaan berei die nagereg voor.

Dis net Kleinsus en die dwerg aan tafel.

'n Ongemaklike stilte heers 'n rukkie, maar toe kan die meisietjie dit nie meer hou nie...

"Ken jy vir Sneeuwitjie?"

No comments: