Ou tannies

Drie susters 92, 94 en 96 woon saam in een huis.

Die 92 jarige tap vir haar n bad water, toe sy haar voet insit, vra sy: Was
ek besig om in te klim of uit te klim?

Die 94 jarige sê: Wag, ek kom nou op, dan sal ek jou sê. Maar toe sy opgaan
met die trappe, steek sy in haar spore vas: Was ek besig om op te gaan of af
te kom?

Die 96 jarige sê: Ai, ek's so bly ek is nie so vergeetagtig soos julle nie.
Touch wood, en sy klop op die tafel. Ek sal julle nou kom help, ek wil net
eers gaan kyk wie klop aan die deur.

No comments: