Boere is rof

Edward Longshanks het met 4 000 troepe Suid-Afrika toe gekom om die Boereop te foeter...By die slagveld gekom sien hy doer in die verte op 'n koppie staan 'n figuur met blonde hare, kortbroek aan met 'n kam in sy kous.

"Rooinek!" skree die Boer op die koppie. "Kom hier jou Engelse muis! Iwill gives you one helluva gatskop!"

Edward draai om na sy bevelvoerder en sê: "Take 20 men and deal with that Boer upstart!"

Die bevelvoerder stuur 20 man om die Boer te gaan soek.

Tien minute later staan die Boer weer op die koppie.
"You! English vark! Stuur the rest of your Rooinekke. I will fix them almal op!"

Edward raak nou ietwat geïrriteerd en sê vir die Bevelvoerder:

"Take 100men and kill that little guttersnipe!"

Die bevelvoerder stuur 100 man oor die koppie.'n Rukkie later staan die Boer so waar as wragtig weer op die randjie en skree:

"Hey, you soutie! I is just warming up! Come slat my dik, as jy kan!"

Toe verloor Edward kop en stuur 400 troepe om die Boer dood te maak. Tien minute later staan die Boer maar weer daar. Sy klere is geskeur en sy hare staan wild. Dis net snot, bloed en Klipdrif.

Weer skree hy: "Is dat de best you can do? You bloody vrot pommies! Come on, come souties! Kom klap me stukkend!"

Rooi in die gesig sê Edward vir die bevelvoerder:"Take the rest of the men and don't come back until you have killed him!"

Vyf minute later kom een van die troepe al gillende en vol bloed oor dierandjie gestorm:

"Sir, Sir!" skree hy, "It's a trap! There are two of them!"

No comments: