Diensplig

Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op, wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk.

Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir ' n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk.

Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: ' Goeiemore my Seun. ' ' More, Dominee sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat.Dominee, wat is dit hierdie? ' vra hy.

Die dominee antwoord: ' Wel, my seun, dit is ' n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het. '

In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name.

Uiteindelik, in ' n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie:

' Watter diens Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens?

No comments: