Ware mediese aantekeninge op hospitaalkaarte in 'n hospitaal in Mpumalanga

a.. Sy het nie saamtrekkings of koors nie, maar haar man sê sy was gisteraand baie warm in die bed.
(Geen details asseblief!)

b.. Pasiënt het borspyn as sy langer as 'n jaar op haar linkersy lê.
(Neem aan sy't nie 'n werk nie...of is dit deel van haar werk?)

c.. Op die tweede dag was die knie beter, op die derde dag het dit verdwyn.
(Ek sou worry oor die vierde dag...)

d.. Die pasiënt is hartseer en huil aanhoudend. Dit lyk of sy ook depressief is.
(No kidding, Sherlock!)

e.. Die pasiënt is depressief sedert sy my in 1993 begin sien het.
(Mmmm...)

f.. Ontslagstatus: Lewend, maar sonder my toestemming.
(Ek neem aan die besluit lê by .... wie?)

g.. Die pasiënt het 'n outopsie geweier.
(Diè pasiënt is vol strooi!)

h.. Die pasiënt het geen geskiedenis van selfmoord nie.
(...tensy die pasiënt reincarnated is natuurlik...)

i.. Die pasiënt het sy witbloedselle by 'n ander hospitaal gelos.
(Wel, wetend van die land se status kan ons voorspel dat hulle ook teen die tyd al gesteel is)

j.. Hy het oor die afgelope drie dae net 40kg opgetel.
(make away people!)

k.. Sy is verlam van haar tone af ondertoe.
(Ook maar goed ons loop nie onderstebo nie...)

l.. Die vel was droog en klam.
(Wees asseblief bietjie meer spesifiek...)

m.. Die pasiënt het wafels vir ontbyt en anoreksia vir midagete gehad.
(Ek glo ons het 'n geneesmiddel gekry vir anoreksia - skip midagete!)

n.. Hy lyk gesond vir 69. Verstandelik skerp, maar vergeetagtig.
(Gelukkig lê geheue nie in die verstand nie nè)

o.. Het by tye konstante, ongereelde hoofpyn.
(Dit kan 'n probleem wees- ek voel dit myself)

p.. Rektale inspeksie het normale grootte skildklier getoon.
(...and who was the volunteer?)

q.. Sy was die grootste deel van haar lewe hardlywig totdat sy geskei is.
(wees gewaarsku- moet nie sy kos eet nie of...ja nee, kom ons los dit eerder)

r.. Albei borste is eenders en reageer op lig en akkommodasie.
(Huh?)

s.. Die vel is ietwat bleek, maar teenwoordig.
(Ag dankie tog!)

t.. Pasiënt het twee tienerkinders, maar geen ander abnormaliteite nie.
(errr, ek glo 'n geld tekort gaan hand-in-hand met tienerkinders)

No comments: