PRET OP DIE LUGHAWE

Verdryf verveeldheid in die aankomssaal wanneer jy vir jou broer wag wat van Londen af by die lughawe arriveer!

1. Skryf CELINE DION op 'n groot karton plakaat en hou dit in die lug. Reaksie sal volg.

2. Hardloop die eerste aankomeling tegemoet, Val hom/haar om die nek, vra hoe die vlug was en stap saam tot by die uitgang.

3. Trek soos 'n Arabier aan, plak 'n vals baard op jou ken, sit 'n ou wekker in 'n kartondoos en gaan staan tussen 'n groot groep mense.

4. Hou jou mede-wagtendes dop. Kies 'n naam wat iemand op 'n plakaatjie geskryf het en in die lug ophou. Skryf dieselfde naam op jou plakaat en kyk wie kry eerste die gas.

5. Kyk op die aankomsbord, kies 'n vlug wat al geland het en kondig luidkeels in die saal aan dat die vlug tot moreoggend vertraag is en dat almal maar kan huis toe gaan.

6. Met die eerste manlike passasier wat uit uitgestap kom, skree jy en 'n paar vriende kliphard ERIC!!!!!, so hard en onophoudelik dat hy later dink dat hy dalk Eric is????

7. Hardloop 'n onbekende passasier tegemoet en vra of hy/sy 'n foto van jou en jou verloofde sal neem.

No comments: