Tikkie Op Die Skouer

Die passasier in 'n huurmotor tik die bestuurder op die skouer om hom iets te vra.


 

Die bestuurder gil, verloor beheer oor die voertuig, ry amper in 'n bus vas, jaag oor die sypaadjie en stop millimeters van 'n winkel venster af.

Vir 'n paar oomblikke is alles doodstil. Die drywer sê toe, "Moet dit asseblief nooit weer doen nie. Ek het my amper doodgeskrik."


 

Die passasier vra toe om verskoning en sê hy het nie gedink 'n tikkie op die skouer sou hom so laat skrik nie.


 

Die bestuurder antwoord toe, "Dit is nie werklik jou fout nie. Vandag is my eerste dag as huurmotor bestuurder. Vir die laaste 25 jaar het ek 'n lykswa bestuur.

No comments: