Showing posts with label IT. Show all posts
Showing posts with label IT. Show all posts

Boere Computer Dictionary from South Africa

Monitor

Keeping an eye on the braai

Download

Get the firewood off the bakkie

Hard drive

Trip back home without any cold beer

Keyboard

Where you hang the bakkie and bike keys

Window

What you shut when it's cold

Screen

What you shut in the mosquito season

Byte

What mosquitoes do

Bit

What mosquitoes did

Mega Byte

What mosquitoes at the lake do

Chip

A bar snack

Micro Chip

What's left in the bag after you have eaten the chips

Modem

What you did to the lawns

Dot Matrix

Oom Jan Matrix's wife

Laptop

Where the cat sleeps

Software

Plastic knives and forks you get at KFC

Hardware

Real stainless steel knives and forks from Checkers

Mouse

What eats the grain in the shed

Mouse Pad

Where the mouse takes the grain it does not eat

Mainframe

What holds the shed up

Web

What spiders make

Web Site

The shed (or under the verandah)

Cursor

The old bloke what swears a lot

Search Engine

What you do when the bakkie won't go

Yahoo

What you say when the bakkie does go

Upgrade

A steep hill

Server

The person at the pub what brings out the lunch

Mail Server

The bloke at the pub what brings out the lunch

User

The neighbour what keeps borrowing things

Network

When you have to repair your fishing net

Internet

Complicated fish net repair method

Netscape

When fish maneuvers out of reach of net

Online

When you get the laundry hung out

Off Line

When the pegs don't hold the washing up

Dankie

Liewe Almal

Dankie aan almal wat epos aan my gestuur het die afgelope jaar.....

Ek moet die een wat my daai ding oor die rottepoef op die gom van koeverte gestuur het, bedank aangesien ek nou 'n nat lappie gebruik om elke koevert nat te maak.

Ek vryf nou ook die bokant van elke blik deeglik blink voor ek dit oopmaak om dieselfde rede.

Ek het nie meer enige spaargeld oor nie want ek het dit vir 'n siek meisie (Pennie Ferreira) gegee; wat nou al vir die 1 345 keer op sterwe in die hospitaal lê.

Ek het nie meer geld nie, maar dit gaan alles verander as ek daai R20 000 kry wat Bill Gates/Microsoft my gaan stuur omdat aan hulle epos veldtog deelgeneem het.....

of as daardie Nigeriese bankbestuurder wat skatryk geërf het daai R7 miljoen met my gaan deel sodra hy die geld kan kry om die fondse vry te stel.

Verder is ek nie meer bekommerd oor my sieleheil nie want ek het 200 472 engeltjies wat my oppas en moeder Maria gaan al my wense waar maak.

Ek gebruik nie meer kankerwekkende reukweerders nie al ruik ek soos 'n vlakvark in 'n moddergat op 'n warm dag.

Danksy julle, het ek geleer dat my gebede slegs verhoor word as ek 'n epos aan sewe van my vriende stuur en binne vyf minute 'n wens, wens.

As gevolg van julle besorgdheid drink ek nie meer Coca-Cola nie omdat dit toiletvlekke kan verwyder en ontplof as jy dit met mentos meng.

Ek gaan ook nie meer vulstasie toe sonder om iemand saam te neem om seker te maak dat 'n reeksmoordenaar nie agter in my agtersitplek in kruip terwyl ek nie kyk nie.

Ek gaan ook nie meer winkelsentrums toe nie want ek is bang iemand bedwelm my met 'n spesiale parfuum en beroof my.

Ek antwoord ook nie meer my telefoon nie want ek is bang iemand gaan my vra om 'n nommer te bel wat my sal deurskakel na Jamaika , Uganda , Singapoer of Uzbekistan .

Danksy julle gebruik ek ook niemand se toilet behalwe my eie nie want daar kan 'n groot uitheemse spinnekop daar skuil wat my vleis kan laat verrot en my 'n pynlike dood laat sterf as dit my byt.

As julle nie die epos aan ten minste 144 000 mense binne die volgende 70 minute aanstuur nie, sal 'n groot duif met diarree op jou kop beland teen 5 uur vanmiddag en die vlooie van 12 brandsiekbrakke sal jou besmet en veroorsaak dat jy 'n harige boggel op jou rug kry.

Ek weet dit sal gebeur want dit het inderwaarheid met 'n vriend van my buurman se vorige skoonma se tweede man se niggie se haarkapper gebeur!

En terloops...'n Suid-Amerikaanse wetenskaplike het tydens 'n uitvoerige studie bevind dat mense met 'n lae IK en wat baie ongereeld seks het, lees altyd hulle epos met hulle hande op die muis.

Moenie moeite doen om dit nou af te haal nie, dis te laat!!! (hie-hie)