Why wedding dresses are white....

Son asked his mother the following question :'Mum, why are wedding dresses white?'

The mother looks at her son and replies,
'Son, this shows your friends and relatives that your bride is pure.'

The son thanks his Mum and goes off to double-check this with hisfather.'

Dad why are wedding dresses white?'

The father looks at his son in surprise and takes him on a walkabout,He shows him the fridge and asks him what is the colour, to which theson replies :

'WHITE'.

He does the same for the dishwasher,The washing machine,The stove, etc. etc.

Then he tells the son:

'Son, all household appliances come in white.'

Liewe Vader Krismis

Liewe Vader Krismis,

Ek skryf maar nou al vir jou want, al weet ek jy bestaan nie, kan jy dalk meer aan my probleme doen as die meeste mense hier.

My lysie is nogal lank, maar ek gaan die jaar soet(erig) wees. Eerste op my lysie is 'n bietjie krag.  Nie die soort wat die lyf mee werk nie, maar die soort waarmee die TV werk. As jy dalk 'n nuwe yskas en 'n 'laptop' kan ingooi, sal dit gaaf wees, want myne is op hulle laaste bene met al die raaiselagtige elektriese toevoer.

Die tweede is 'n slim, regverdige en betrokke president. Dit is dalk 'n bietjie veel gevra, maar kyk maar hoe ver jy kan kom. 'n Paar bevoegde ministers sal 'n bonus wees. Ek hoor jy gebruik nie juis die teerpad nie, maar as jou helpers dalk iewers 'n bietjie aftyd het, kan hulle dalk so 'n paar van die slaggate kom opvul? Ek weet nie of dit juis tel onder 'n geskenk nie, maar dit sal 'n glimlag op duisende se gesigte sit. Ek weet nie wat jy gaan doen met die 19 000 mense wat vermoor is se geskenke nie. Dalk kan jy dit by die duisende by wie ingebreek is se huise afgee. En moenie bekommerd wees oor al die diefwering en alarms nie, die polisie is klaar so besig, oormoeg en onderbetaal dat hulle jou nie sal pla nie. (10111 werk ook nie meer nie.)

Vir die res van my familie kan jy maar net brandstof gee, want "my oom het nie eens meer 'n tenk vol diesel nie". As jy nie kans sien vir my lysie nie, stuur maar kontant. Maak asseblief net seker van die adres, want dinge (plekname) het weer verander vandat jy laas hier was.

Dankie en groete vir jou helpers.

Hopelik het jy al die nuwe arbeidswet onder die knie!