Swak diens

Klein Jannie was in die kerk toe nagmaal bedien word. Sy ma het vir hom verduidelik dat hy nog te klein is om nagmaal te gebruik. Toe die kollektebordjie omgestuur word, sê sy vir hom om sy kollekte in te gooi.

Maar Jannie hou sy muntstuk styf vas, en sê: "As ek nie mag eet en drink nie, betaal ek nie!"