Trots Suid Afrikaans

In 'n onlangse studie deur Wits is bevind die gemiddelde Suid-Afrikanerstap omtrent 1200km per jaar.

Intussen is in 'n studie deur die SA Mediese Vereniging bevindSuid-Afrikaners drink gemiddeld sowat 50 liter alkohol per jaar.

Dit beteken Suid-Afrikaners kry gemiddeld sowat 24km op 'n liter!

Dit maak mens mos trots Suid-Afrikaans !!

Bull supporters


Hoenderplaas

Filemon het 'n hoenderplaas gekry deur die staat se grondhervormings-ding. Sy buurman was ook 'n hoenderboer en het kom kennis maak. "Hoenderboerdery is nie maklik nie," verduidelik hy. "Ek sal jou 100 kuikens gee om te help begin."

Filemon was baie dankbaar. Die buurman kom loer weer in, so twee weke later, om te hoor hoe dit gaan.

"Hau, nie te goed nie. Al die kuikens hy het gavrek !! Die buurman sê: "Ek kan dit nie glo nie. Ek het nog nooit probleme gehad nie. Laat ek jou nog 100 kuikens gee."

Twee weke later ontmoet hulle weer, en Filemon sê weer: "Ek kan det nie verstaan nie....almal die kuikens hy het weer gavrek..."

Verstom vra die buurman: "Wat het verkeerd gegaan? Wat het jy aan hulle gedoen?"

Filemon: "Eish, ek weet nie eintlik nie. Miskien ek plant hulle te diep."