Eksamenblapse
* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.
* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.
* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën. Die klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.
* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.
* Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.
* Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Ná sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar niks anders was om te jump nie.
* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar met 'n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het van skrik.
* Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek. En was altyd mooi geklee.
* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die wynpers vas te draai dat die wyn spat.
* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.
* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.
* Johann Babbelastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wêreld, amper soos Händel. Händel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.
* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander.
* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin reproduseer.
* Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat ontstaan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van die stoom wat afgeblaas word.
* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.
* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.
* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom is dit moeilik om sy end te kry, voordat jy dronk word.
* Die maan is 'n planeet net soos die aarde. Daar bly net een man wat baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor die maan.
* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.
* Koolstofmonoksied is 'n reuklose gas wat verskriklik stink.
Be on the lookout
ALL S.A. CUSTOMS OFFICIALS - Beit Bridge Border Post
Be on the lookout for a family of 23 Zimbabweans.
They may try to cross the border illegally.
Driving a '52 Chevy......Red with White top.
Loving husband
"No", he says, "the seat is empty."
"This is incredible!" said the man, "who in their right mind would have a seat like this for the Super 14 Final, the biggest sporting event of the year, and not use it?"
He says, "Well, actually, the seat belongs to me. My wife was supposed to come with me, but she passed away. This is the first Final we haven't been to together since we got married."
"Oh... I'm sorry to hear that. That's terrible. I guess you couldn't find someone else, a friend or relative or even a neighbour to take the seat?"
The man shakes his head.... "No. They're all at the funeral."
BLAPSE IN KERKBLAADJIES
. Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou
. Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik.
. Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.
. Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in.
. Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die Water". Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?"
. Me Charlene Mason van die Metodiste gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het.
. Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie.
. Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van pastoor Jack se preke gevra.
. Die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing "O blye dag".
. Klaas Buitendag en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het.
. 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak.
. Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe
. Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur.
. Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.
Koos en die Luiperde...
Die volgende dag daag hy by die plaas op met 'n bakkie, 'n foxterriër, ou Jonas, 'n spul streepsakke en 'n .22 geweer. Die boer lyk maar skepties, maar aan die einde van die dag lê daar 12 luiperds in streepsakke, reg om vervoer te word..
Die boer is beïndruk en vra of hy die volgende dag kan saamry om te kyk hoe Koos dit doen.
Dit werk toe so: sodra hulle 'n luiperd sien, jaag hulle hom in die naaste boom op met die bakkie. Koos klim agterna, en soos die luiperd grom en na hom klap, grom en klap Koos terug totdat hy die luiperd op die dun takke vasgekeer het. Wanneer die tak dan padgee en die luiperd grond toe val, gryp die foksterriër hom aan die knaters en hou vir al wat hy werd is terwyl Jonas hom in die streepsak toebind.
"Maar waarvoor is die .22 dan?" wil die boer weet.
"Jong," sê Koos, "so met die heen-en-weer geklappery kan dit dalk gebeur dat EK uit die boom val. En dan moet Jonas die .22 gebruik om die foksterriër te skiet..."
Cape Flats Lullaby
Daddy's gonna steal you a GTi,
And if that GTi don't Torque
Another GTi, I will stalk.
And if the stalking don't go to well
Daddy's gonna steal you a Caravelle
And if that Caravelle makes some tricks
Daddy's gonna jack you a VR6.
And if that VR6 won't fly
Daddy's gonna knock a BM from a Sandton guy.
And if that BM's sound is kwaai
Da Lenz cherries will go with you to elke braai!
And if the cops ask why ?
Daddy will buy the docket from a Police spy!
And if all these things still make you cry
Then you're not my laaitie
..... your mom told me a lie !!
Liewe Gert...
Ek skryf aan jou hierdie brief om te sê ek gaan jou verlaat. Ek was 'n goeie vrou vir jou vir sewe jaar en ek het niks om daarvoor te wys nie. Die laaste twee weke was louter hel. Jou baas het my geskakel om te sê dat jy vanoggend bedank het en dit is nou die laaste strooi.
Laas week het jy nie eers opgelet toe ek my hare en naels laat doen het nie. Ek het jou gunsteling dis voorberei en 'n nuwe sexy nagrok gekoop. Jy het huistoe gekom, jou kos in twee minute verorber en is reguit bed toe nadat jy sport op TV gekyk het.
Jy vertel my nooit meer dat jy my liefhet nie. Jy gee my nie meer soentjies of drukkies nie. Jy is verlief op iemand anders of jy het my net nie meer lief nie. In ieder geval, ek verlaat jou.
NS. As jy my probeer soek - los dit maar. Ek en jou broer Sarel het saam 'n plekkie gekry aan die
Jou ex vrou
Sannie
*******
Liefste Sannie my ex vrou
Niks kon my dag so maak as toe ek jou brief ontvang het nie. Dit is waar dat ons al sewe jaar getroud is. Dat jy 'n "goeie vrou" was, is ver van die waarheid. Ek hou daarvan om sport op TV te kyk om van jou permanente gesanik weg te kom - net jammer dit werk nie altyd nie.
Ek het laasweek opgelet dat jy al jou hare laat afsny het. Die eerste ding wat by my opgekom het, is dat jy nou soos 'n man lyk. Ek het niks gesê nie omdat my ma my grootgemaak het om stil te bly indien jy nie iets goed
Toe jy my gunsteling dis voorberei het, moes jy my verwar het met my broer aangesien ek al vir jare nie meer vark eet nie. Ek het gaan slaap terwyl jy die sexy nagrok aangehad het omdat die prys etiket nog aan die nagrok gesit het. Dit het in my gedagtes gespook dat dit tog asseblief toeval moet wees dat my broer daardie oggend R200 by my geleen het en die nagrok se prys is R199. Ten spyte van dit alles is ek nog steeds lief vir jou en het ek gehoop dat ons nog dinge kon uitwerk.
Daarom het ek vanoggend, nadat ek uitgevind het dat ek die Lotto van R20 miljoen gewen het, my werk bedank en vir ons twee plek bespreek by 'n eksotiese eiland vakansie oord in die Ooste. Met my aankoms by die huis was jy al weg. Ek neem aan alles gebeur om 'n rede. Ek hoop jy kry die vol lewe waarna jy so "smag". My prokureur verseker my dat jy nie 'n sent gaan kry nie aangesien jy weg is voordat jy van die Lotto geweet het.
NS. Ek het jou nooit vertel nie, maar my broer Sarel was by geboorte Sandra. Hoop nie dit is vir jou 'n probleem nie.
Liefde
Jou ex man
Gert















































