Liewe Gert...

Liewe Gert

Ek skryf aan jou hierdie brief om te sê ek gaan jou verlaat. Ek was 'n goeie vrou vir jou vir sewe jaar en ek het niks om daarvoor te wys nie. Die laaste twee weke was louter hel. Jou baas het my geskakel om te sê dat jy vanoggend bedank het en dit is nou die laaste strooi.

Laas week het jy nie eers opgelet toe ek my hare en naels laat doen het nie. Ek het jou gunsteling dis voorberei en 'n nuwe sexy nagrok gekoop. Jy het huistoe gekom, jou kos in twee minute verorber en is reguit bed toe nadat jy sport op TV gekyk het.

Jy vertel my nooit meer dat jy my liefhet nie. Jy gee my nie meer soentjies of drukkies nie. Jy is verlief op iemand anders of jy het my net nie meer lief nie. In ieder geval, ek verlaat jou.

NS. As jy my probeer soek - los dit maar. Ek en jou broer Sarel het saam 'n plekkie gekry aan die Natal se suidkus. Geniet jou lewe!

Jou ex vrou

Sannie

*******

Liefste Sannie my ex vrou

Niks kon my dag so maak as toe ek jou brief ontvang het nie. Dit is waar dat ons al sewe jaar getroud is. Dat jy 'n "goeie vrou" was, is ver van die waarheid. Ek hou daarvan om sport op TV te kyk om van jou permanente gesanik weg te kom - net jammer dit werk nie altyd nie.

Ek het laasweek opgelet dat jy al jou hare laat afsny het. Die eerste ding wat by my opgekom het, is dat jy nou soos 'n man lyk. Ek het niks gesê nie omdat my ma my grootgemaak het om stil te bly indien jy nie iets goed kan sê nie.

Toe jy my gunsteling dis voorberei het, moes jy my verwar het met my broer aangesien ek al vir jare nie meer vark eet nie. Ek het gaan slaap terwyl jy die sexy nagrok aangehad het omdat die prys etiket nog aan die nagrok gesit het. Dit het in my gedagtes gespook dat dit tog asseblief toeval moet wees dat my broer daardie oggend R200 by my geleen het en die nagrok se prys is R199. Ten spyte van dit alles is ek nog steeds lief vir jou en het ek gehoop dat ons nog dinge kon uitwerk.

Daarom het ek vanoggend, nadat ek uitgevind het dat ek die Lotto van R20 miljoen gewen het, my werk bedank en vir ons twee plek bespreek by 'n eksotiese eiland vakansie oord in die Ooste. Met my aankoms by die huis was jy al weg. Ek neem aan alles gebeur om 'n rede. Ek hoop jy kry die vol lewe waarna jy so "smag". My prokureur verseker my dat jy nie 'n sent gaan kry nie aangesien jy weg is voordat jy van die Lotto geweet het.

NS. Ek het jou nooit vertel nie, maar my broer Sarel was by geboorte Sandra. Hoop nie dit is vir jou 'n probleem nie.

Liefde

Jou ex man

Gert


No comments: