Pietie se briefie

Liewe Pa en Ma

Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en Jannie geniet ons baie. Ek het eintlik vir Pa baie slegte nuus. Ou Anna wat in die huis sou ingeslaap het terwyl Pa hulle oorsee is, se Tannie is dood en ek het toe maar vir haar gesê sy kan die hele tyd wat pa hulle oorsee is by haar familie in Soweto kuier. Dalk het Pa haar tannie geken en is ek nou die een wat die slegte nuus moet oordra. Pa en Ma moet nou nie oor ons worry nie want ons is OK.

Ek het pa se nuwe suit vir haar man geleen vir die begrafenis, pa gee mos nie om nie.

Ek het Pa se kruisboog uitgehaal so ons kan onssself verdedig. Jis maar die ding skiet hê? Ons het cowboys en kroeks gespeel toe skiet ek na daai ou bank van ma wat oumagrootjie nog vir haar gegee het. Die pyl gaan deur hom. Jannie het nogal baie bloed in hom, ons het per ongeluk swembadsuur op die eetkamer stoelle laat kom toe ons die houer laat omval het nadat ons daarvan op die bloedkolle gegooi het. Daai kolle sit nog, maar nie meer so erg nie.

Die dokter wat vir Jannie steke in sy boud ingesit het, het gesê ons moet dit liewers nie meer doen nie. Ek het toe maar die bank vir die mense gegee wat die vuilgoed wegry want ons moes hom stukkend sny om die pyl uit te kry. Gelukkig was dit die oue wat ma altyd sê kom van Napoleon se tyd af. Ek het my per ongeluk raak gesny en toe mos ek ook ‘n paar steke kry. Die dokter sê pa gaan ons moer, ek weet pa sal nie want ons kyk mooi na ons goed né pa?

Pa, ek het toe daardie stellasie wat aan die dak van die garage hang wat pa altyd bang was val op die kar, vir pa afgehaal. Ek weet pa dink nou dit het bo op die Ferrari geval, maar dit het nie, want ek het gedink dit sou ‘n helse skade wees en toe trek ek en Jannie hom eers uit. Ongelukkig het die rak toe geval, maar net op die vloer en van die blikke verf het toe uitgespat en geloop. Van dit het teen ma se nuwe BMW gespat maar ons het dit dadelik met paintremover afgehaal. Ek weet nie hoekom nie maar dit het meer verf afgehaal as wat gespat het. Ek het pa se kar weer ingetrek, maar die vloer was toe baie glad van die verf en toe wil hy nie gou genoeg stop nie en nou staan ‘n gedeelte van sy bonnet in die kombuis waar die stoof gestaan het. Die stoof is nou naby die yskaste waaroor ma dalk bly gaan wees. Want sy sê mos altyd sy loop haar dood tussen die stoof en die yskas. Die kar se boot lyk nog mooi. Die stoof het ons aan vergeet op high en toe brand daai nuwe AMC pot so aan dat ek dit saam met die bank weggegooi het.

Ons het gister vir ons lekker vleis in die kaggel gebraai want dit het gereent buite en die hout was ook alles nat. Jis, het pa geweet petrol ontplof as jy ‘n blik vol oor die hout gooi. Pa s’n het nog nooit ontplof nie maar Jannie sê hy dink pa gooi diesel oor. Shame, die hond en ma se persiese kat het groot geskrik en die hele big screen TV ongehardloop. Hulle mae het sleg gespuitpoep. Ek dink dit was van die skrik, dit stink so effens in die studeerkamer. Die hond se maag het sleg gegaan op pa se stoel, die leer een in die studeerkamer.

Daai noodhulp lesse het nogal goed te pas gekom want ek het hulle dadelik in die Jacuzzi gegooi om die vlamme dood te maak. Ek dink hulle hou meer daarvan in die hitte noudat hulle nie meer hare het nie.

Pa moenie worry oordat die borrels nie meer uitkom in die Jacuzzi nie ons het van daai verf wat op die garagevloer geval het daar geverf en die gaatjies is bietjie gestop. Ma het altyd gesê sy hou daarvan as die ding blou was. Oordat ons big screen gebreek het en ons nie kan TV kyk nie, slaap ons nou sommer in julle kamer en kyk daar TV. Die kaggel lyk nou kaal oor die Persiese mat nie meer daar is nie.

Pa en Ma moet julle nou oor niks bekommer nie. Ek het die versekering gebel en hulle het al kom kyk na dit wat gebeur het. Hulle sal seker binnekort kom regmaak omdat pa dit gereeld betaal het. Die ou wat hier was het gepraat van repireer oor nodige voorsorg wat pa getref het. Ek dink nie die ou wat hier was van die versekering kan spel nie want in die brief staan repudieer weens nodige voorsorg.

Nou ja, ek is moeg geskryf en ons wil nog gaan kyk of ons nie die molle wat besig is in die tuin kan uitrook nie.

Wagter het die oom wat die water en ligte lees sleg gebyt. Hy het uit die jaart gekom want Jannie het met die grassnyer deur die elektriese hek gery. Die sprinklers werk nie meer so lekker nie, hy het dit afgesny. Dit spuit nou regop in die lug, nou is dit eers mooi. Die dokter dink nie die oom is te sleg gebyt nie. Die steke en inspuitings was maar net R4 500.

Hy het iets gepraat van pa sue dat pa geen klere aan jou gat het nie maar ek dink hys deurmekaar. Dit is seker familie van hom, tannie Sue, soos pa se sussie, ek verstaan nie waarom hy kwaad is nie.

Ons het die swembad leeggetap en nou skaats ons lekker in die leë swembad. Daai pomp by die swembad het sulke rook gemaak en nou werk hy nie meer nie.

Ma weet daai skildery by die familiekamer, van die ou met die lap om sy kop, van Gog of ietsie. Jannie het dit bietjie meer kleur gegee. Hy het die lap weg geverf en ‘n oor opgeteken, lyk nou sommer stukke beter.

Hyt gesê hy gaan die een in die studeerkamer, laaste nagmaal of what ever ook bietjie renovate nadat hy daai Monalisa in die voorportaal blond gemaak het.

Ek het regtig nie geweet Jannie kan so mooi teken nie. Julle kan regtig trots wees op hom, eks bly my boetie is so slim. Al het hy die dvd player laat val het en die ding nou nie meer werk nie.

Julle moet nou glad nie worry nie.

Geniet die 5 weke wat julle nog oorsee is en ek skryf volgende week weer. Ek kan nie bel nie Jannie het die selfoon per ongeluk in die toilet laat val, hy vang niks op nie.

Liefde
Pietie

No comments: