Toe en Nou

Scenario: Piet en Jan raak betrokke in 'n fight by die skool

TOE 'n Groot groep seuns vorm rondom die twee, hulle slaan die #$% uit mekaar uit, skud hande en die volgende dag is hulle dik pels.

NOU Polisie word ontbied en arressteer vir Jan en Piet. Alle selfone met videos van die fight word gekonfiskeer as bewysstukke. Albei word aangekla vir aanranding. Altwee word geskors al het Piet die fight begin. Die ouers word ingeroep vir konsultasie en die ander kindes wat die fight gesien het kry trauma berading. Die video van die fight is beskikbaar op YouTube.
Scenario: Piet onstig die klas want hy wil nie stilsit en stilbly nie

TOE Piet se gat word vuurwarm geslaan. Hy sit nog steeds nie stil nie want sy gat brand te veel, maar hy hou darem sy bek en maak matriek klaar en word 'n suksesvolle besigheidsman.

NOU Piet word op Ritalin gesit want hy het een of ander hiperaktiewe neiging. Word 'n zombie. Word getoets vir ADD (Attention Deficit Disorder). Die juffrou sukkel haar gat af. Piet kan nie bybly nie en verlaat skool na Standerd 6.

Scenario: Jan gooi 'n klip en breek 'n ruit van die buurman se huis.

TOE: Jan se gat brand. Hy moet vir 'n week lank in die buurman se tuin werk.

NOU: Jan se gat brand. Sy pa word gearresteer vir kindermishandeling. Jan word in pleegsorg geplaas. Die sielkundige oortuig Jan se suster dat haar pa haar seksueel aangerand het en hul pa gaan tronk toe. Jan se ma en pa skei want sy het 'n verhouding met die Sielkundige.

Scenario: Piet druip Engels op Hoƫrskool.

TOE Piet se gat brand. Hy moet Engels ekstra klasse loop. Hy slaag Engels goed in matriek en gaan Universiteit toe.

NOU Die Onderwyser kry die skuld. Piet is getraumatiseer. Sy saak word opgevat deur 'n plaaslike menseregte groep wat bepaal dat dit rassisties is om Engels 'n vereiste vak te maak. Dit raak 'n politieke storie en 'n saak word aanhangig gemaak teen die skool en die Onderwysdepartement. Engels word van die curriculum afgehaal. Piet slaag matriek goed, maar sny gras vir 'n lewe want hy kan nie Engels praat nie.

Scenario Jan vat 'n klomp klappers, maak 'n bom daarmee en blaas 'n miershoop op.

TOE Jan se gat brand. Die miershoop is in sy kanon. Duisende miere dood.

NOU Die Veiligheidspolisie en Dierebeskermingsgroepe word ingeroep en Jan word aangekla van stedelike terrorisme en dieremishandeling. Sy ouers word dopgehou. Jonger broers en susters word van die huis af weggevat. Hulle rekenaars word gekonfiskeer en Jan se pa word op 'n lys van terroriste geplaas en hy kan nie verder werk kry nie. Die familie kripeer.

Scenario Piet val sy knie in nerwe gedurende pouse. Sy juffrou vee sy trane af, maak die knie skoon en gee hom 'n drukkie.

TOE Piet voel gou beter en tweede pouse hol hy al weer rond.

NOU Piet se Juffrou word beskuldig dat sy 'n pedofiel is en verloor haar werk. Sy kry 'n opgeskorte vonnis. Piet ondergaan terapie vir die volgende vyf jaar. Raak 'n moffie.

No comments: