Dol Definisies

HUWELIKSERTIFIKAAT : 'n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.
VLEISBRAAI : 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so 'n bietjie gaar is.
WITTEBROOD : Die vakansie wat 'n man neem voordat hy vir 'n nuwe baas begin werk.
BABAWAENTJIE : Verlede jaar se pret op wiele.

BEGROTING : Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.
BELASTING : Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid.
BOOM : Iets wat jare op een plek bly staan en dan skielik op 'n dag voor 'n voertuig inspring.
BROMMER : Vlieg met 'n dieselengin.

BRUIDEGOM : Iemand wat hom teen iets taais vasgeloop het.
DIEET : 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.
EEND : 'n Hoender met roeispane vir voete.
EIER : 'n Voël se geboortedorp.

GERAAMTE : Iemand met sy binnekant buite en sy buitekant weg.
GESINSVAKANSIE : Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.
GEWETE : Iets wat pla as alles baie lekker gaan.
KARSIEK : Dit wat jy elke maand kry as jy die paaiement moet betaal.

MôRE : 'n Plek waar jy alles kan aflaai wat jy gister moes gedoen het.
POU : 'n Hoender wat blom.
SNIPPERMANDJIE : Iets wat tieners altyd mis kyk.
SNOR : Bolip wat uitrafel.
TAKT : Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen.

No comments: