Eksamen vrae!!!

Waarvoor word beesvelle gebruik?
om die bees binne te hou

Wat is outbiografie?
dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar

Noem 5 dinge wat melk bevat?
kaas, botter en 3 koeie

Wat is die verlede tyd van eet?
Honger

Wat is die verkleinwoord van Oupa?
Kleinseun

Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
Kleinteef

Wat is die doel van die kies- en oogtande?
die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.

Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas...
hoe groter haaspastei

Wat is die meervoud van kabeljou?
Kabeljulle

'n Sin met "ter aarde bestel..."
"Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"

Formule vir 'n sirkel se omtrek: "paai straal kordaat"

Wat is teenoorstaande hoeke?
Hoeke wat vir mekaar kyk

Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

Wat is 'n terminale siekte?As jy op die lughawe siek word!

Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?"
HuH?

Wat noem ons iemand wat velle looi?
Onderwyser

Wat kry jy as jy jou melktande wissel? Pepermenttande

No comments: