Sielerus

Ek stuur hierdie aan jou want dit het beslis vir my gewerk en ek dink ons almal het 'n bietjie vrede van binne nodig. Ek het die eenvoudige advies van wat ek gelees het in 'n artikel gevolg. Die artikel stel dit so: "Om totale vrede van binne te ervaar moet jy alles wat jy begin het klaar maak."

Ek kyk toe rond in die huis om te sien wat ek begin het en nie klaar gemaak het nie. En voor ek vanoggend die huis verlaat het het ek 'n bottel rooiwyn, 'n bottel witwyn, Baileys, drie Bacardi Breezers, Jack Daniels, so vier Prozac, 'n paar Valiums, twee snye kaaskoek en 'n boks sjokolade klaar gemaak.

Jy het geen idee hoe goed ek voel nie!!!

No comments: