Twee mans in 'n kroeg

Twee mans sit 'n Vrydagaand laat by die toonbank in 'n kroeg in Boston"
So waar kom jy vandaan?" vra een aan die ander. "

Van die Vrystaat,"atwoord hy.

"Ongelooflik! Ek kom ook van die Vrystaat af! Kom ons drink 'n brandewyn op die Vrystaat en die noodlot wat ons hier saamgebring het!
En waar is jy gebore?""Ek is in Heilbron gebore," antwoord die man.

"Jy lieg! Ek ook! Ek is ook in Heilbron gebore! Kom, drink nog 'n brandewyn daarop. Op Heilbron en die noodlot wat ons hiersaamgebring het!"

So gaan dit aan, brandewyn na brandewyn op alles wat hulle in gemeen het.'n Man aan die verste punt van die toonbank hou die twee al lank dop en sy nuuskierigheid raak te erg.

"Wat gaan aan met daardie twee?" vra hy aan die kroegman.

"Ag, ignoreer dit maar," antwoord hy. "Die Fourie tweeling is alweer gesuip."

No comments: