Tannie vat lank

'n Tannie van 95 in die aftree-oord ontvang besoek van 'n medelidmaat.

Op die besoeker se vraag verduidelik sy dat sy so sleg slaap, want sy bekommer haar so baie.

"Waaroor bekommer Tannie dan so baie? Tannie lyk dan so gesond?"
"Wel, al my goeie vriende en Bybelstudiegroeplede is al jare gelede dood en hemel toe, en ek is seker hulle wonder al lankal waarheen ek dan gegaan het."

No comments: