3 Seuntjies

Drie seuntjies spog by die skool oor hulle pappas.

Die eerste een sê: "My pa skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier, en noem dit 'n gedig en dan gee hulle hom sommer R500."

Die tweede een sê: "Dis nog niks nie. My pa skryf 'n paar dinge op 'n stuk papier, en hy noem dit 'n lied, en dan gee hulle hom R1000."

Die derde seuntjie sê: "My pa is nog beter. Hy skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier en noem dit 'n preek. En dan vat dit agt manne om al die geld bymekaar te maak!"

No comments: