Nicci was so ongeveer vier jaar oud en die een aand baie moedeloos met haar ma. Dit was haar beurt om haar gebedjie op te sê, enhaar aanslag was soos volg: ' Dankie liewe Jesus, amen".
Verbaas maak ek toe die oë oop, en vra: " nou wat van jou Pa"? Sy sug so ewe,sluit haaroë en sê: "Dankie liewe Jesus vir my Pa, amen:" "En jou Ma? ", vraektoe so ewe tong in die kies.
Heel dramaties sug sy swaar, sluit haar oë en sê: "Dankie liewe Jesus vir my Ma" . Sy maak reg om op te staan,en ek roep haar weer terug. "Wat van jou sussie?" vra ek eweonskuldig.
Met nog 'n groter sug sak sy op die knieë , sluit die oë en kondig aan: "Liewe Jesus, hou asb so bietjie aan, my Ma wil met jou praat."
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment