Sondagskool

Die seuntjie kom laat by die sondagskool aan. Sy juffrou weet dat hy altyd baie pligsgetrou is en vra toe of daar iets verkeerd is. Hy vertel toe dat hy wou gaan visvang maar dat sy pa gesê het dat hy kerk toe moet kom.

Die juffrou was baie beïndruk en vra toe of sy pa vir hom verduidelik het waarom hy liewer moet kerk toe kom as om te gaan vis vang. "Ja, Juffrou," antwoord die seuntjie. "Hy't gesê hy het nie genoeg aas vir ons altwee nie!"

No comments: