Ouerskap

VERGEET AL DIE BABABOEKE

HIER IS TIEN MANIERE OM AAN TE DUI OF JY GEREED IS VIR OUERSKAP.

VROUE: Om voor te berei vir swangerskap: Trek 'n kamerjas aan en druk 'n moerse 'beanbag' voor in. Hou dit daar vir nege maande. Na nege maande, neem net 10% van die boontjies uit en dra die res van die gewig vir nog 'n paar jaar.

1. Om voor te berei vir vaderskap: Gaan na die apteek, maak jou beursie oop by die toonbank en sê vir die assistant om homself te help. Gaan dan na die supermark en reel om jou salaris direk by hul hoofkantoor te laat inbetaal.

2. Om uit te vind hoe dit in die nagte sal voel, loop al in die rondte in die sitkamer vanaf 17:00 tot 22:00, terwyl jy 'n nat sak van ongeveer 4-5 kilogram dra. Sit die sak tienuur neer en stel jou alarm vir middernag en gaan slaap. Staan om middernag op en loop weer in die sitkamer met die sak tot 1:00. Stel die alarm vir 3:00. Omdat jy nie kan slaap nie, staan om 1:30 op en maak iets om te drink. Gaan slaap weer om 2:45. Staan op sodra die alarm afgaan om 3:00. Sing liedjies in die donker tot 4:00 . Stel die alarm vir 5:00. Staan op. Maak ontbyt. Hou so aan vir vyf jaar.

3. Hol 'n waatlemoen uit en maak 'n gaatjie ongeveer so groot soos 'n gholfbal in die skil. Hang dit onderstebo aan die plafon sodat die gaatjie onder is en swaai dit heen-en-weer. Neem nou 'n bakkie aangemaakte ontbytkos en probeer om die swaaiende waatlemoen te voer. Hou so aan totdat die helfte van die pap klaar is. Gooi die res uit in jou skoot. Jy is nou gereed om 'n 12-maande oue baba te voer. Om gereed te maak vir kleuters, smeer Purity op die bank en konfyt teen die gordyne. Steek 'n visvinger agter die stereo weg en laat dit daar vir 'n paar maande.

4. Vergeet van 'n sportmotor en koop liewer 'n Toyota . Koop 'n sjokoladeroomys en sit dit in die paneelkissie. Druk 'n 5-sent geldstuk in die cdspeler in. Druk 'n pak sjokoladekoekies fyn op die agterste sitplekke in. Skuur met 'n hark al langs die sykante van die motor. Daar's hy, dit is mos hoe 'n gesinsmotor moet lyk!

5. Om klein kindertjies aan te trek is glad nie so eenvoudig en maklik nie. Koop vir jou 'n lewendige seekat en 'n groot sak. Probeer om die seekat in die sak te druk sodat nie een van die arms uithang nie. Tyd hiervoor toegelaat: Die hele oggend.

6. Maak gereed om uit te gaan. Wag buite die toilet vir 'n halfuur. Gaan uit by die voordeur. Kom weer binne. Gaan weer uit. Kom weer binne. Gaan weer uit en loop uit tot by die sypaadjie. Loop weer terug. Loop weer tot by die sypaadjie. Loop dan stadig padlangs vir vyf minute. Stop en beloer elke sigaretstompie wat jy sien lê, asook elke stukkie kougom, vuil snesies en dooie insek. Loop weer terug soos jy gekom het. Skree dat jy omtrent nou meer as genoeg gehad het sodat jou bure uitkom en jou aanstaar.Jy is nou gereed om 'n klein kind op 'n uitstappie te neem.

7. Leer al die name van elke karakter vanaf Teletubbies tot Power Rangers. Sodra jy agterkom dat jy "Postman Pat' in die bad sing, kwalifiseer jy om 'n ouer te wees.

8. Gaan na die supermark en vat enige bok saam ('n volgroeide bok is ideaal). As jy vir meer as een kind beplan, moet jy meer as een bok saamvat. Doen nou jou weeklikse aankope sonder om die bok/bokke onder jou oë uit te laat gaan.Betaal vir alles wat die bok/bokke eet of breek.

9. Herhaal alles wat jy sê minstens vyf keer.

10. Voordat jy eindelik voortgaan om kinders te kry, vind 'n paartjie wat alreeds kinders het en trap hulle uit oor die manier waarop hulle hul kinders grootmaak en dissiplineer, te kort aan geduld en hoe dat hulle hul kinders toelaat om rond te hardloop. Stel maniere voor hoe hulle hul kinders se slaapgewoontes kan verbeter, hoe om hulle te "potty-train" en allerhande maniere van goeie gedrag. Geniet dit - dit sal die laaste keer wees dat jy al die antwoorde ken.

No comments: