Ogaats

Ek is onlangs gediagnoseer met O.G.A.A.T.S

Ouderdom Geaktiveerde Aandag Afleibare Teenwoordigheids Sindroom!

Dis hoe dit werk! -

Ek besluit om die kar te was. Ek beweeg na die kar toe en sien die pos op die tafel. Ek besluit om net eers gou deur die pos te gaan.

Ek sit die kar se sleutels op die lessenaar neer en gooi die gemorspos weg.

Ek merk toe dat die snippermandjie vol is en besluit om dit in die asblik te gaan gooi.

Terwyl ek nou naby die posbus gaan verbyloop besluit ek om sommer gou die rekeninge te betaal.

My tjekboek is skoonveld. Ek onthou ek het nog 'n leë tjekblaadjie in die kamer en toe sien ek die koeldrank wat ek besig was om te drink langs die rekenaar.

Ek besluit om die tjekblaadjie te gaan haal maar ek wil net eers die koeldrank op 'n veiliger plek neersit.

Miskien moet ek dit op die yskas neersit.

Oppad kombuis toe sien ek die potplante het water nodig.

Ek sit toe die koeldrank op die rak neer en sien my bril wat ek heel oggend gesoek het.

Miskien moet ek dit eers bêre.

Ek maak die waterbeker vol om die plante nat te gooi en sien iemand het die afstandbeheer van die TV in die kombuis gelos.

Ons sal nooit vanaand daaraan dink om in die kombuis vir die ding te soek nie so dit moet eers terug familiekamer toe.

Ek gooi water by die plante en sit die afstandbeheer in die familiekamer en stap terug kamer toe terwyl ek dink waarmee ek besig was.

Aan die einde van die dag is die kar nie gewas nie, die rekenings nie betaal nie, die vuilgoed nie uitgegooi nie, die koeldrank staan op die

kombuisrak, my tjekboek is weg en ek kan my karsleutels nêrens kry nie!

Ek wonder nou nog hoekom ek vandag niks gedoen gekry het nie want ek was tog heeldag besig!

Ek besef dis 'n ernstige probleem en ek moet daaraan werk .

. . ek wil net eers gou na my e-pos kyk!

No comments: